Local newsLocal sportNews

Brakpan Rugbyklub bou momentum in President Liga

Brakan Rugbyklub se spanne het Saterdag 'n goeie dag op die veld beleef.

Spanne van die Brakpan Rugbyklub het die afgelope naweek in verskeie dorpe uitgedraf vir wedstryde in die President Liga.

Die o-21’s het op Benoni teen Benoni gespeel en weggestap met ‘n wen van 29-12. Die derde span het na Vanderbijlpark gereis om teen NWU Vaal se tweede span te staan te kom.

Dié span het ook huiswaarts gekeer met ‘n wen van 33-14. Die tweede span het tuis vir Die Eagles van Elsburg die stryd aangesê en ‘n weghol oorwinning van 85-0 aangeteken.

Die eerste span het ook op hul tuisveld teen Elsburg uitgedraf en in ‘n verkorte wedstryd met 97-9 gewen. Elsburg het met ‘n voorsprong van nege punte begin volgens die President Liga reëls. Die telling was dus 88-9.

Die voorsitter van die Brakpan Rugbyklub, Frikkie Bosman, het sy tevredenheid uitgespreek oor die spelers se vertoning tot dusvêr.

“Ons is geweldig trots oor die oplewing by Brakpan Rugbyklub en wil weereens al ons ondersteuners, spelers en borge bedank vir hul getroue ondersteuning en bydraes.

“Sonder hierdie ondersteuning en bydraes is ons niks. Ons sien geweldig uit na die res van die seisoen en vra dat almal sal aanhou om bankvas agter die klub te staan,” het Bosman gesê.


LEES OOK: Suspension lifted on Brakpan SPCA’s Facebook page

LEES OOK: Brakpan police invite community to join hands at prayer service


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button